’n Vriend is ’n kameraman by ’n bekende produksiemaatskappy wat gereeld werk aan Afrikaanse produksies. Soos sy haarlyn sal getuig stap hy al aan in die jare.

Hy het onlangs vir die tweede keer saam met ’n Afrikaanse aktrise aan ’n produksie gewerk. Sy was met niks tevrede nie, veral nie oor hoe sy op kamera gelyk het nie. “Die eerste keer toe ons saamgewerk het, het ek so goed gelyk, nou lyk ek skoon afgerem” het sy geteem.

“Jy weet,” het my vriend voorgestel, “dalk is dit omdat ek nou al 15 jaar ouer is.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply