Mens kan omtrent deesdae enigiets op ’n straathoek koop.
So sien Jors ’n vet hoender vir net R10. Jors vra nie vrae nie en koop die hoender. As hy dit nie oor sy hart kry om dit te slag nie het die kinders ten minste ’n troeteldier.
Jors weet die kanse is skraal dat hulle hom op die trein Bellville toe gaan toelaat met sy nuwe geveerde vriend. So druk hy sy vriend voor by sy broek in.
Langs Jors op die trein sit ’n jong meisie en eet grondboontjies … baie ongemaklik. Sy sien daar is iets baie woelig voor in Jors se broek. Sy’s bang, maar wil ook nie wegkyk nie.
Die volgende oomblik gly Jors se zip oop en die hoender steek kop uit.
“Nee,” gil die meisie “daar steek iets uit by die man se gulp!”
“Toemaar meisie,” antwoord ’n ou tannie ’n ent vêrder, “as jy een gesien het, het jy almal gesien.”
“Ja,” sê die meisie, “maar die een eet die peanuts uit my hand uit.”
“Wil jy sitplekke ruil meisie?” vra die tannie.