Koos stap in die kroeg in, gaan sit by die toonbank en bestel ses dubbel brandewyne met Coke.
Toe die kroegman die ses dubbels voor hom neersit, knak Koos sy kneukels en vat ‘n glas in elke hand. Drie minute later is al ses glase leeg.
“Hel, maar meneer drink vinnig” sê die kroegman.
“Jy sou ook as jy dit gehad het wat ek het” antwoord Koos.
“Wat het meneer?” vra die kroegman besorg.
“Net R2” antwoord Koos.
(oorspronklik verskyn 26 Januarie 2012)

ok