‘n Man kom by die huis van die werk af, val neer in sy gunsteling stoel,
skakel die TV aan en skree vir sy vrou: “Gou, bring vir my ‘n bier voor
dit begin.”
Sy kyk hom verbaas aan, maar gaan haal vir hom ‘n bier.
Toe hy hom klaar gedrink het sê hy weer, “Bring gou vir my nog een voor
dit begin.”
Die keer kyk sy hom kwaai aan, maar gaan haal tog ‘n bier.
Toe die bier ook klaar is sê hy weer, “Bring nog ‘n bier, dit gaan amper
begin.”
Die keer sê sy: “Jou vark! Jy stap hier in, val op daai stoel neer, groet nie eers nie en verwag ek moet soos jou slaaf rondhardloop. Besef jy nie ek kook, was en stryk heeldag , maak huis skoon en kyk na die kinders vir
jou nie?”
Die man sug: “Daar begin dit nou !”
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)
