“Wat maak jy seun?” vra Jannie se ma.
“Ek skryf ’n mondeling ma” sê Jannie, “Ons moet môre mondeling praat oor ons gunsteling sportsoorte.”
“Hoe kan mens huiswerk doen in so ’n deurmekaar kamer?”
“Ek sal nou alles oppak ma, ek gaan sommer die goed wat so rondlê in ’n boks gooi.
“Ai my kind, leer hulle jou niks op skool nie. Die korrekte woord is ‘doos’, nie boks nie.”
Die volgende dag kom Jannie kop onderstebo by die huis aan.
“Hoe het dit gegaan met die mondeling seun?”
“Dit het goed begin ma, tot ek gesê het ek hou van doos en rugby.”
(oorspronklik verskyn 28/11/2011)

Hello,
Ek is op soek na detail oor Margaret Stuart wie Edith fiaff se Songs of the Sparrow uitgebring het.
Ek sal graag wil weet waar sy optree of hoe ek detail van haar optredes kan bekom. Ek vind dit moeilik om die regte Link op die Internet op te spoor. Julle was die naaste wat ek aan haar gekom het.
Ek sal julle hulp baie waardeer. So nie, as julle net vir my die kontak detail kan laat kry sal ek baie bly wees.
Beste groete.
Robbie Roberts
robbie.wa.roberts@gmail.com
Jy kan haar op Facebook kry.