Nemesia strumosa
’n Eenjarige plant met ’n bloeiwyse van omtrent 100 mm lank. Die blomme kan ’n verskeidenheid van kleure wees en is dikwels tweekleurig. Hulle blom in die lente.
Die wilde leeubekkie verkies volle son, maar sal ook in die halfskadu groei. Saai die saad in die herfs in sanderige grond en sorg dat dit gereeld water kry in die winter.
Die wilde leeubekkie kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap.

