Koos en Sarel besluit om ’n vark te gaan steel op ’n plaas net buite hulle dorp in Namakwaland.

Om nie aandag te trek nie het hulle vir die vark ’n broek en baadjie aangetrek en sit gemaak tussen hulle voor in die bakkie.

Maar soos die ongeluk dit wil hê steel hulle die vark op dieselfde dag as wat die dorp se polisie hul jaarlikse padblokkade hou.

Toe hulle stop by die polisie skyn die sersant sy flits in die bakkie: “Naand Koos, naand Sarel.” “En wie is jy kêrel?” vra die sersant vir die vark. Met die pomp Sarel die vark in die sy met die elmboog en die vark maak “ORG!”.

“Nou maar bly te kenne Org” sê die sersant. “Julle kêrels kan nou maar ry.”

Soos hulle wegry sê die sersant vir die konstabel: “Ek het al lelike knape in my lewe gesien, maar dit span die kroon. Org kan nog gaan, maar daai Koos en Sarel is darem vrek lelik.”

(Oorspronklik verskyn 12 Januarie 2012.)

Lewer kommentaar

Leave a Reply