Die politikus kom stemme werf

Die politikus kom stemme werf, maar steek vas by die tuinhekkie toe hy die hengse Rottweiler in die son sien lê. Op daai oomblik stap Kallie uit by die voordeur.

“Hey does your dog hy bite?”
Kallie: “Nee, nooit! My hond is rustig.”

Die man maak die hekkie oop en net daar skraap die Rottweiler hom. Na ’n bloedige gestoei om lewe en dood slaag hy daarin om van die hond te ontsnap.

Vol bloed skree hy: “I thought your dog don’t bite!”

Kallie: “Sorry man, maar daai is nie my hond nie. Ek het net hier kom rugby kyk.”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply