Die mense het gestem en die doodstraf is weer ingestel. Twee kêrels wag in die ry vir teregstelling op die nuwe elektriese stoel.
“Ek sê bewaarder, is dit ’n lang en painful storie?”
“Nee wat.” Sê die bewaarder. “Ons strap jou vas en flip ’n switch en als is verby.”
So het die eerste kêrel aan die beurt gekom. Hulle het hom kom haal, maar nie lank daarna nie het ’n geskree begin wat vir ure aangehou het: “Eina! Eina! Eina, dis seer!”
“Ek sê bewaarder, ek dog dissie ’n groot storie nie? Hoe skree my tjommie dan so vreeslik?”
“Die ding staan so.” Sê die bewaarder. “As dit load shedding is, dan haal ons die kerse uit.”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
