Die skooljaar is weer in volle swang en dis Jannie se tweede dag op skool.

Tot sy ma se verbasing is hy 10 uur die oggend al terug by die huis. “Waarom is jy nou al terug?” vra sy ma.
“Die meneer en juffrou het gaan braai,” vertel Jannie.
“Gaan braai, op ’n Dinsdagoggend wanneer hulle moet werk? Hoe weet jy dit?” vra sy ma.
“Meneer het vir Juffrou oor die interkom geroep en gesê sy moet haar rooster bring, toe kom ek maar huis toe want ek weet hoe lank vat ’n braai!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply