Diefstal

Ek en my vrou staan die dag by die OK op die stoep. Naby ons staan ‘n ouma en huil. Ek en my vrou stap toe na haar toe.

“Ouma hoekom huil jy so vra ek, kan ek dalk help. Sy antwoord my so deur haar tranedal, “Boet hulle het my geld gesteel.”
“Maar ouma hoekom het jy nie die geld in ‘n veilige plek gebere nie?”
“Ek het.” antwoord sy.
“Waar?” vra ek.
“Natuurlik in my broek. Ek het sy hand gevoel, maar nie aan diefstal gedink nie.”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply