Kentucky die pikkewyn hou nie van swem nie. Sy eienaars by die Chester-dieretuin in Cheshire, Brittanje, word gedwing om hom met die hand te voer, omdat hy nie sy kos in die poel kan kry soos die ander pikkewyne nie.
Kentucky is al ‘n paar keer in die water gegooi in ‘n poging om hom daaraan gewoond te maak, maar steeds weier hy. Werknemers by die dieretuin moet nou elke dag die pikkewyn met ‘n emmer water afwas om sy vere skoon en in ‘n goeie kondisie te hou.
Hulle vermoed Kentucky hou nie van koue water nie.
