’n Veldmuis word in ’n wip gevang. Hy bevind hom in ’n laboratorium saam met ’n muis wat daar gebore is.

Die veldmuis merk een aand op hulle hok is nie gesluit nie. Die twee ontsnap en ’n paar dae daarna is hulle terug in die veldmuis se ou weiveld.

Daar is ’n koringland so vêr as wat mens kan sien. ’n Groentetuin met elke skakering groente denkbaar. Ook ’n tonnel na ’n boervrou se spens vol kaas. Om alles te kroon is daar ’n trop wyfies vir elke smaak.

Twee aande later lê die twee dikgevreet, elkeen met ’n wyfie in die arm, toe die laboratorium-muis skielik aankondig: “Ek dink ek gaan môre terug laboratorium toe.”

“Nou wat is fout?” vra die veldmuis verstom. “Het ons nie alles hier waarvoor ’n muis kan wens nie?”

“Ek weet, maar ek kan dit nie help nie.” sê die laboratorium-muis. “Maar ek kan nou wragtig doen met ’n sigaret.”


q

Lewer kommentaar

Leave a Reply