Juffrou: “Jannie, gaan jou tannie weer kom help met die skoolkermis die naweek?”
Jannie: “Nee juffrou, my tannie moet rus, sy het Egiptiese siekte.”
“Egiptiese siekte! Wat is dit Jannie?” vra juffrou bekommerd.
Jannie: “Sy gaan een van die dae mammie word.”
