Die Britse aktrise Natasha Richardson is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Die Irish Times berig dat sy kopbeserings opgedoen het in ‘n ski-ongeluk in Kanada.
Richardson het al in verskeie films opgetree en het ook ‘n Tony-toneeltoekenning ontvang vir haar rol in Cabaret in 1998. Die laaste film waarin Suid-Afrikaners haar gesien het was Wild Child (2008). Tydens die verfilming van Nell (1994) het sy die akteur Liam Neeson ontmoet en die twee is kort daarna getroud.
Natasha Richardson is die dogter van die bekende Britse aktrise, Vanessa Redgrave en ontslape regisseur Tony Richardson.

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
