Gedig

Nou ja, daar doen ‘n storie oor Shakespeare en Jonson in die rondte wat hul aankoms by die pearly gates beskryf.

Sien die ding werk toe mos so, Jonson het daar by Stratford-on-whatever by hom se pêl, Shakespeare, gaan kuier. Nou wel, so maak die twee ‘n dampie en drink ‘n dop en later, toe die dop als klaar is, neem hulle die Austin-A40 en kruie af na die naaste pub toe. Maar dis ook net met hierdie trippie dat die twee aan’t strye gaan oor nou wie dan nou einelik die beter digter van die twee is. En die faait raak hewig en hul is albei bokant die 0,08% wat die bobbies en spieties voorskryf. Toe moer hulle in ‘n Londense Double-Decker vas en albei is fak’tap, morsdood op die plek. So kom hulle toe mos daarbo aan waar een of ander Sint Wierook die guard by die sekerheidshek is. Maar die twee, dis nou die nuwe aankomelinge, is nog hewig aan die stry, “I am quintessimally better than you are, old chap!” sê die een en die ander sê dan op sy beurt weer, “Hogwash old sport, I am certainly even thrice as good as you!”. En Sint Wierook seg vir hulle, “Hôkaai, boys! Wat’s julle problematiek, hê?” En hulle verduidelik toe die rede vir hulle bekgeveg. Sê die Sint toe vir hulle, as die opperste mediator in die hemele, hy sal self besluit. Hy wys toe so ‘n krom wysvinger na ‘n bakbeen pedestrian wat daar doer oor die bult aangestap kom. “Maak julle nou elkeen vir my ‘n gedig oor daardie man…”, sê hy. Jonson is eerste volgens die alfabet en sy rympie sê hy op sommer so uit sy kop:

‘Way thar yonder
o’er and through green vale
approach the bandied form
of legs a strange norm’

“Kak gedig”, dink ou Sint Wierook en seg vir Wikkelspies om syne voor te dra.

Hark!
what manner of a man is this,
that carries his balls,
in parenthesis?

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply