Hakkel

Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

Die aantreklike jong spraakterapeut vestig haar in die Kaap, waar sy ‘n praktyk begin. Sy het ‘n groepie hakkelende jong mans, maar maak nie eintlik vordering met hulle nie. Uiteindelik besluit sy om ‘n ongewone eksperiment te probeer:
Sy kom skamel geklee na die groepsessie. Sy beloof dat as enige van die jongmans in die groep vandag ‘n sekere ding kan regkry, sy hom ‘n Franse soen sal gee as beloning. Hy moet die dorp waar hy gebore is, se naam kan sê sonder om te hakkel.
So gesê, so gemaak.
Opgewonde probeer die eerste ou: “K-k-k-k-k-Kaapstad-!” en sink moedeloos op sy stoel neer.
Die tweede ou staan op en sê: “MmmmmmmMalmesbury!” en slaan moedeloos op sy heup.
Die derde ou haal diep asem en sê: “Durban!”
“Mooi!” sê die spraakterapeut en soen hom ‘n volle minuut lank met oorgawe, soos sy beloof het.
Toe sy klaar is, vra sy: “En wat sê jy daarvan?”
Waarop hy uitasem antwoord: “… v-v-v–v-v-ville!”

bydrae: Rian Kuyk

en

Onderwysers aan graad 4 klas: “Geen ander lewende wese op aarde hakkel behalwe die mens nie.”
Baie vinnig steek Koos sy hand op en met ‘n hewige kop geskud sê hy: “Nooit, juffrou is verkeerd, my katjie het ook gehakkel”.
“Nou hoe so?” kom dit van die Juffrou want sy wou hom nie laat sleg voel voor die ander leerlinge nie.
“Ja juffrou, hy het op die stoep geloop en onder die tafel het ou Boel gelê en hy het FFFF FFFF FFFF FFFF gesê en voor hy F** kon sê het Boel hom dood gebyt!

bydrae: Herman

Lewer kommentaar

Leave a Reply