Hare trek

Met trane in sy oë kom kla Jannie by sy ma oor sy baba sussie: “Sy het my hare getrek!” kerm hy.

“Ag, toemaar” troos sy ma “sy is nog klein, sy weet nie hoe seer dit is nie.”
Net ’n paar minute later hoor Jannie se ma hoe die baba verskriklik huil. “Wat het gebeur?” wil sy by Jannie weet wat by sy sussie sit.

“Niks rêrig nie” antwoord Jannie, “maar nou weet sy!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply