Jaag die olifante

Koos strompel straataf. Hy is goed gekoring en bly net-net op die sypaadjie. Die meer eienaardig ding is dat hy elke vyf treë stop en dan skree hy “VOETSEK!”.

‘n Tannie wat die storie dophou stap nader en keer vir Koos voor. “Meneer, hoekom skree jy so? Wat is fout?”

“Ek jagie olifante weg!” antwoord Koos kordaat.

“Maar meneer, ek sien nie ‘n olifant nie.”

“Wysh jou net hoe goed dit werk!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply