Probleme met die penis

Hannes van Johannesburg skryf:

“Is dit natuurlik, of moet ek dokter gaan sien? Ek en mevroutjie het ‘n rowwe naweek gehad. Saterdagoggend ‘n quicky hand-job. Saterdagnag ‘n volledige seks sessie, en later die nag weer. Na die tyd is my meneer effens seer. Sondagaand het ons weer, maar ek kon nie kom nie. Niks met my ereksie verkeerd nie. Vanoggend is my meneer effe geswel, effens rooi en effens seer. Is dit natuurlik, of moet ek dokter gaan sien?”

Ben:

Dit klink vir my heel normaal. Gaan sien jou dokter indien jy twyfel!

Dit neem ´n tyd voor jy genoeg sperm vervaardig het om weer te kom. Jy kan nie jou penis so baie gebruik en verwag hy moet niks oorkom nie.

Anoniem:

Hi
My kêrel 28 is nie besny nie, alles het goed gegaan in ons seksuele lewe. Nou bloei hy amper elke keer wanneer ons omgang het. Wat gedoen as hy weier om die dokter te gaan sien? Hy sê elke keer hy sal gaan as dit die volgende keer ook gebeur. Ek is nou al meer as raadop. Dit beinvloed nie net ons seksuele lewe nie. Ek sal raad waardeer. Dankie vir jou tyd.
– xxxxxxx

Ben:

Nommer een: Hou dadelik op met seks en sorg dat hy by ´n dokter kom!

Jy is nie duidelik oor waar presies hy bloei nie so ek het geen aanduiding van wat die oorsaak kan wees nie. Ek kan jou dus net meedeel dat geen bloeding van die penis normaal is nie.

Maak seker dat jou kêrel weet van waar presies die bloed kom voor hy sy dokter gaan sien. Hy moet ook kyk of daar enige ander abnormale afskeiding is.

Jy het geen ander keuse as om hom seks te weier voor jy weet wat hy makeer nie. Indien julle so aanpiekel speel jy met jou lewe!

Hoop julle kom reg.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. hi da,ja my vrou kla nou dat my penis te kort is ;15cm ek weet egter dit is omdat haar maag te groot geword het ek het haar gevra om te verslank dan word sy kwaad penetrasie is nie meer moontlik nie ek masterbeer nou al 18maande en fantaseer oor haar vriendin ,het n sterk gevoel om fisiese kontak te he weet nie wat om te doen.

  2. Wat van ander posisies? Jy sal 'n eerlike gesprek met haar moet voer oor jou behoeftes – los net haar vriendin uit die gesprek uit.

  3. ek het nog nooit gedoen wat ek nou doen nie. ek is 40 jaar oud en ek sit met n probleen my penis is klein ek het aal pille van af die sex shop gebruik maar dit werk nie is daar iemand wat my kan help en die regte raad gee om wat en hoe dit te gebruik ASB help

Lewer kommentaar

Leave a Reply