Jannie se raaisel

Die huiswerk was dat die klas ’n raaisel moes uitdink. Janne is eerste aan die beurt.

“Watter dier het oë, maar kan nie sien nie; bene, maar kan nie loop nie en kan so hoog in die lug spring soos Tafelberg?”
Die klas het gedink, maar niemand kon die antwoord kry nie. “Ons gee op. Wat is die antwoord?” vra juffrou.
“Dis ’n houtperd juffrou. Dit het oë, maar kan nie sien nie en dit het bene, maar kan nie loop nie.”
“Maar ’n houtperd kan ook nie spring nie.” Merk juffrou op.
“Tafelberg ook nie juffrou.”


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply