Wasgoedlyn

Die filosoof Plato het gesê: jy leer meer van ‘n mens in ‘n uur se spel as in ‘n jaar se praatjies. Die Wasgoedlyn is ‘n draad waarop goeie


en (sommige) ou musikante bymekaar uithang om vir mekaar en die mense om hulle musiek te speel soos hulle dit vir hulself sou doen, op ‘n krat sommer in die agterplaas onder die wasgoedlyn. Hoewel die klem op die speel van die musiek is, is daar tog ook heelwat praatjies tussen in, byvoorbeeld wanneer die musikante die kans kry om mekaar uit te vra oor liedjies wat hulle geskryf het, of om mekaar uit te daag om op te kom met liedjies wat niemand nog gehoor het nie.

Wasgoedlyn is dus ‘n organiese konsert met verskeie skeppende kunstenaars saam op dieselfde verhoog wat elk hul beurt kry om te lei of om te begelei. Vir die optrede van die 25ste Oktober by die Kleine Libertas is sangers/skrywers Ryno Velvet, Willim Welsyn, Churchil Naude, Frazer Barry (Tribal Echo) en Riku Lätti te siene vir almal om self te hoor hoe klink dit as al die verkillende musikale en digterlike strominge bymekaar kom om iets nuuts te maak wat niemand nog ooit gehoor het nie. En tog is die konsep al eeue oud: hier is eenvoudig net ‘n klomp skeppende mense besig om met mekaar musiek te maak.

Oorspronklike musiek van elkeen van hierdie kunstenaars sal gehoor word. Van Willim Welsyn, Afrikaans se voorste punk rocker, tot Churchil Naude, een van die wêreld se beste rymkletsers; van Ryno Velvet se meesleurende melodieë en Frazer Barry se groot musikale hart met vele ritmiese kamers tot Riku Lätti se sielvolle gesange.

Verwag ‘n hele spul nuwe skeppinge, kitare, trekklaviere, fluite, vreemde instrumente, verruklike liedere en meesterlik gedigte lirieke, goeie mense, ‘n fantastiese gees met ‘n geseënde gesonde sfeer. En verwag ook die paar verrassings. So ‘n konsert is nooit twee keer dieselfde nie. So kom steek uit en wees deel van ‘n onvergeetlike gebeurtenis!

Kaartjies (R60) kan kontant by die deur gekoop word vanaf 19h00 op 25 Oktober of vooraf bespreek word by klt@kleinlibertasteater.co.za of 021 883 8164.

Riku Latti
Riku Latti

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar