Jannie slaan ‘n rot

“Kyk ma!” skree klein Jannie triomfantlik toe hy met ’n dooie rot in sy hand die huis instorm. “In sy moer geslaan!”


Jannie sy arme ma verkleur in vyftien skakerings van rooi en Jannie besef skielik dat die man wat daar by haar in die sitkamer sit die dominee is.

“Jammer, dominee” sê Jannie gou “kyk, ek het die rotjie gehelp om by Liewe Jesus te gaan bly.”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar