Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za
Pa: Sies Jannie, jy gedra jou nes ´n otjie!
Jannie kyk verbaas na sy pa.
Weet jy wat n otjie is? vra sy pa.
Ja PA, antwoord Jannie. Dis die seuntjie van ´n vark.
en
Jannie: Pa, hoekom is Adam eerste gemaak?
Pa: Om hom ´n kans te gee om ook iets te sê.
en
Jannie se ouers wys vir hom hul troufoto’s.
Jannie: Pappa, is dit die dag toe mamma vir ons begin werk het?
en
Jannie het elke oggend met ´n blou oog by die skool aangekom. Die juffrou het vir hom gevra hoekom sy oog blou is. Jannie se response was: hulle bly in ´n klein huisie en hy en sy ma en sy pa slaap in een bed. Elke aand vra sy pa vir hom, “Jannie, slaap jy al?” dan sê Jannie: “Nee, pa.” en dan slaan die pa hom en gee hom ´n blou oog. Die Juffrou sê toe vir Jannie: “As jou pa jou weer vra, dan bly jy doodstil.” Die volgende dag het Jannie nie ´n blou oog nie, toe sê hy vir die Juffrou dat hy stil gebly het. Maar die dag daarna het Jannie weer ´n blou oog. Die juffrou vra toe vir Jannie: “Hoekom het jy dan weer ´n blouoog?” Hy vertel toe vir die Juffrou: Pa het gevra: “Jannie slaap jy?”, maar toe bly ek doodstil. Pa en ma het toe gewoel in die bed. Toe vra pa vir ma: “Kom jy?” toe sê ma: “Ja… kom jy ook?” toe sê pa “ja”, toe sê ek: “Wag vir my, ek kom ook, ek wil net gou my slippertjies aantrek.”
en
Juffrou in seksvoorligting klas: “Almal wat met die linkerhand draadtrek sit aan die linkerkant van die klas en almal wat met die regterhand draadtrek aan die regter kant. Al die seuns beweeg links en regs, Jannie bly sit in die middel. “En nou Jannie?” vra die juffrou. “Nee juffrou, dit lyk my dis net ek en jy wat spyker.”
en
Onderwyser: As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee hasies en nog twee, hoeveel sal jy hê?
Jannie: Sewe, meneer.
Onderwyser: Nee, luister mooi. As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe.
Onderwyser: Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee appels gee, en nog twee en nog twee, hoeveel appels sal jy hê?
Jannie: Ses.
Ondrwyser: Mooi so. Nou as ek vir jou twee hasies gee en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe!
Onderwyser: Hoe op aarde kom jy by sewe uit?
Jannie: Ek het al ‘n hasie by die huis.
en
Juffrou verspreek haar en vra aan kinders: “Wat is die vierkantswortel van seks?.”
Jannie antwoord: “Dis die hoek van die koek wat die gang van die slang bepaal!”
en
Onderwyser: “Wat wil jy eendag word Jannie?”
Jannie: “‘n Dokter.”
Onderwyser: “Hoekom?”
Jannie: “My pa sê dit is die enigste werk waar jy vir ‘n man kan laat betaal terwyl jy vir sy vrou sê sy moet haar klere uittrek.”
en
Die juffrou vra: “Klas, sê vir my wat gee hoenders?”
Marietjie antwoord: “Eiers juffrou”
Nou wie kan vir my sê wat gee boerbokke?”
Sannie sê “Bokmelk juffrou”
“En wat gee ´n koei ons?”
Jannie antwoord “Wiskunde en huiswerk juffrou!”
en
Jannie en sy pa sit voor die TV en rugby kyk. Tydens rustyd sê Jannie se pa vir hom: “Toe jy destyds stout was, het ek jou altyd ‘n pak slae gegee. Maar dan het jy ‘n half-uur in die badkamer deurgebring en die toilet silwerskoon geskrop.”
Sonder om vir sy pa te kyk, sê Jannie: “‘Ek wou maar net vir Pa terugkry.”
“Maar, hoe, deur die toilet te skrop?”
“Nee, om dit met pa se tandeborsel te doen.”
en
Jannie se hond sterf en hy huil troosteloos.
Mamma: “Moenie huil nie Jannie. Jou hondjie is nou by Liewe Jesus.”
Jannie: “En wat wil hy met ‘n dooie hond maak.”
en
Juffrou in die biologieklas: “Wie kan vir my sê wat is ‘n parasiet?”
Jannie antwoord: “Juffrou dit is ‘n meisiesfiets se saal..”
en
Jannie blaai deur sy Ouma se Bybel en kom op ‘n gedroogde vyeblaar af. Opgewonde hardloop hy die gang af en skreeu, “Ouma, Ouma, Eva het haar pantie in jou Bybel vergeet.
en
‘n Dame wat haar handsak in ‘n winkelsentrum verloor het is vreeslik verlig toe eerlike Jannie by haar huis opdaag met die handsak in sy hand. Sy is egter baie verbaas wanneer sy dit oopmaak.
“Daar was ‘n R50-noot in my beursie toe ek dit verloor het” sê sy “nou is hier 50 R1-stukke in.”
“Dis nou wonderlik” sê Jannie “die vorige keer het die tannie geen kleingeld gehad vir ‘n beloning nie.”
en
Klein Jannie en sy (nog kleiner) boetie stap huis toe na Sondagskool.
“Wat dink jy van die duiwel en al daai goete Jaanie?” vra sy boetie.
“Wel, jy weet wat met die Kersvader-storie gebeur het” sê Jannie, “dis tien teen een pa.”
en
Die juffroutjie vra haar klas uit oor hul ouers se eetgewoontes.
Marie: “Juffrou, ons eet meestal saans ons hoofmaaltyd omdat albei my ouers werk.”
Gert: “Ons eet in die middae want my ouers is onderwysers.”
Jannie: “Juffrou, ons eet saan ons hoofete en daarna eet my pa ‘n kers.”
Juffrou: “Hoe dan so, Jannie?”
Jannie: “As ons gaan slaap, hoor ek my pa sê vir my ma: ‘Liefie blaas dood daai kers en gee my ‘n stukkie.'”
en
Klein Jannie kom by die kamer in en huil dat die trane so spat.
“Wat is fout?” vra mamma.
“Baba-sussie het my hare getrek.” huil Jannie.
“Ag moenie vir haar kwaad wees nie.” sê mamma, “sy is nog so klein sy weet nie dit maak seer as jy iemand se hare trek nie.”
Jannie is daar weg en sekondes later skree die baba verskriklik. Mamma gaan kyk en kry vir Jannie by baba.
“Nou weet sy hare trek maak seer.” glimlag Jannie.
en
Juffrou: “Kinders gaan kry vir my drie woorde wat begin met ‘n Z in Engels.
Jannie gaan toe na die winkelsentrum toe en hy sien ‘n vrou en hy sê “Ze woman”, hy gaan na die vliegveld toe en hy sê “Ze take of” en uituindelik gaan hy dieretuin toe en sien ‘n “Zebra” die volgende dag gaan hy skool toe en juffrou vra vir Jannie wat is sy drie woorde waarop hy antwoord “Ze woman ze take of ze bra.”
en
Dominee: “Jannie, hoekom sit jy nie so stil in die kerk soos Pappa en Mamma nie?”
Jannie: “Ek is nie so vaak soos hulle nie, Dominee.”
en
Die skooljaar is weer in volle swang en dis Jannie se tweede dag op skool.
Tot sy ma se verbasing is hy 10 uur die oggend al terug by die huis.
Waarom is jy nou al terug?” vra sy ma.. “Die meneer en juffrou het gaan braai” vertel Jannie.
“Gaan braai, op ‘n Dinsdag-oggend wanneer hulle moet werk? Hoe weet jy dit?” vra sy ma.
“Meneer het vir juffrou oor die interkom geroep en gesê sy moet haar rooster bring, toe kom ek maar huis toe want ek weet hoe lank vat ‘n braai!”
en
Klein Jannie sien vir die eerste keer die kollektebordjie in die kerk, hy tik sy pa op die skouer en sê:
“Pa moet nie vir my betaal nie, ek is nog onder vyf.”
en
Ma en Pa sê vir Jannie: ” As jy nog een keer so gaan vloek, kap ons jou totie af!”
Jannie: “Dis okay. Ek gee nie om nie. Sannie s’n is afgekap en omgesoom en dit lyk fokken stunning.”
en
Jannie: “Ouma, is jy van karton gemaak?”
Ouma: “Hoekom vra jy dit my kind?”
Jannie: “Want pappa sê jy is uit die oude doos.”
Paul Franssen
en
Die onnie vra vir die aardrykskunde-klas: “Watter deel van die son is die warmste?”
Jannie antwoord dadelik: “Bladsy 3, juffrou!”
– Hanz Schreuder
en
Elbie Muller :
Die vyfjarige Jannie stort saam met sy ma en kan nie help om die vreemde ding tussen haar bene op te merk nie. Sy ma kom dit agter en voel heel ongemaklik.
“Hoekom staar jy so Jannie?” vra sy.
“Ek wonder maar net wat dit is mamma.” sê Jannie en kyk anderpad.
Sy ma antwoord hom nie en dit is nie lank nie of sy vang hom dat hy weer kyk.
“Janneman!” sê sy ma kwaai “Wat kyk jy so?”
“Maar mammie wat is dit?” smeek Jannie
“Man dis ‘n … vlermuis!” sê sy ma vererg.
“Jislaaik!” sê Jannie “dan moes hy seker ver gevlieg het, kyk hoe hang sy tongetjie uit.”
en
Na ete sê die ma vir haar opgeskote twee kinders hulle kan maar elkeen ‘n appel kry.
Jannie laat nie op hom wag nie en hy gryp dadelik die grootste een.
Sannie is baie verontwaardig en sê “Jy’s ongeskik!”
Jannie kyk haar verbaas aan en vra “Nou wat sou jy gedoen het?”
“Ek sou die kleinste een gevat het, natuurlik.” antwoord sy.
“Nou ja, jy het mos wat jy wou gehad het!”
en
Zagrys du Plessis:
Die laerskool jufrou vra die kinders moet die volgende dag aantrek om ‘n dorp voor te stel.
Die volgende dag is dit kleure en geure soos almal veskillend aangetrek is, behalwe Jannie, hy is kaalgat.
So vra die juffrou almal watter dorpe hulle voorstel, Sannie het Jakarandabloeisels op haar kop, so sy stel Pretoria voor.
Pietie het lemoenbloeisels gedrapeer op sy hemp, so hy stel Zibedela voor, maar die juffrou wil nie vir Jannie vra nie.
Gertjie het ‘n swart streep oor sy rug, so hy stel Swartruggens voor.
Pietie stamp so aan Jannie en sê “Jannie ek het jou mos gesê, die juffrou gaan nie die marble in jou hall raak sien nie.”
en
Juffrou vra haar klas: “Daar sit drie voëltjies op die draad. ‘n Jagter skiet een. Hoeveel bly oor?”
Jannie se hand is eerste op: “Niks juffrou, die geweer se geraas het die ander twee laat wegvlieg.”
Juffrou: “Die antwoord waarvoor ek gesoek het was eintlik twee, maar ek hou van die manier waarop jy dink.”
Jannie: “Ek het vir juffrou ‘n vraag. Drie vrouens stap in die straat en eet roomys. Een knibbel liggies aan haar roomys, een lek dit op en af en die derde suig haar roomys. Watter een is getroud?”
Juffrou (effe verleë): “Seker die een wat haar roomys suig.”
Jannie: “Nee, die een met die ring aan haar vinger, maar ek hou van die manier waarop juffrou dink.”
en
Jannie het nog nooit seks gehad nie en toe Sannie hom uiteindelik vir ete nooi saam met haar ouers besluit Jannie dis nou die regte tyd. Hy is apteek toe om kondome te koop. Die apteker was baie hulpvaardig toe hy hoor dit is Jannie se eerste keer en het hom alles van seks en die gebruik van kondome vertel.
“Kom sit solank” sê Sannie toe Jannie die aand by haar huis aanland, “my ouers is nou hier.”
Toe Sannie se ouers by die deur instap slaan Jannie sy hande saam en buig sy kop sover as moontlik vooroor in gebed.
Sannie is baie beïndruk, maar toe Jannie na ‘n halfuur nog nie sy kop opgelig het nie fluister sy vir hom: “Ek het nie geweet jy is só godsdienstig nie!”
Waarop Jannie antwoord: “Jy het my nooit gesê jou pa is ‘n apteker nie.”
en
Nan Lodveteig: “Vet ouma se kleinseun kuier by haar.
Die ouma moet ‘n setpil gebruik maar kan nie self bykom nie.
Moedeloos vra sy klein Jannie se hulp.
Die ouma buk diep en verduidelik vir Jannie wat hy moet doen.
‘Ouma nou verstaan ek nie, moet ek die ding in die hol sit of kan ek dit sommer vir die kalkoen gee’.
(oorspronklik verskyn 14 April 2008)