Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za
Die ou is in Weskoppies omdat hy ‘n obsessie het oor ketties. Na ses maande word daar besluit om hom te evalueer en hy word gevra: “Wat sal jy doen as jy ‘n miljoen rand wen?”
“Ek sal vir my ‘n kakhuis vol ketties koop” sê hy.
“Nee, hy moet nog bly.” laat die sielkundiges weet.
Ses maande later evalueer hulle hom weer.
“Wat sal jy doen as jy ‘n miljoen rand wen?” is die vraag weer.
“Ek sal dit belê” sê hy.
“Mooi, ons dink jy kom reg, in wat sal jy dit belê?” vra hulle.
“In bosbou en Goodyear sodat ek baie hout en rubber kan kry sodat ek baie ketties kan maak!”.
“Terug na sy sel!” antwoord die sielkundiges.
Weer sulke tyd ses maande later en weer is die vraag: “Wat sal jy maak as jy ‘n miljoen wen?”.
Na hy so ‘n tydjie diep dink, sê hy: “Ek sal vir my ‘n Porche koop.”
“En dan?”
“Dan sal ek rondry en vir my ‘n hot girl optel.”
“Jis, jis en dan?”
“Dan sal ek haar wine en dine.”
“Nee, lyk vir my jy’s gesond, maar vertel verder wat jy beplan?”
“Dan sal ek haar huis toe vat en bietjie begin vry.”
“Ja, en dan?”
“Dan sal ek haar pantie uittrek.”
“Ja, ja en dan?”
“Dan sal ek die rek uit die pantie haal en vir my ‘n kettie maak!”
