Koos is by die KKNK en dit gaan rof. As dit nie brandewyn in Die Huisgenoot–tent is nie, drink hy groot glase bier in die biertent. Die een spesifieke dag gaan dit so erg dat hy nie meer Kurt Darren en Steve Hofmeyr van mekaar kan onderskei nie. Tienuur daai aand moet hy sy een hand permanent op die kroegtoonbank hou anders kantel hy om. Dis toe dat hy die half-kaal jong meisie by die toonbank sien sit. Sy het die kortste rokkie in die kroeg en die hoogste hakke aan haar voete. Koos kan nie glo sy is alleen nie.
Sonder om in te veel besonderhede na daai nag te kyk sal ons net noem dat Koos toe saam met haar huis toe is en dat hulle in die bed opgeëindig het. En dit was ‘n rowwe storie.
Die volgende oggend raak Koos alleen wakker. Hy kan net sy pienk Bulls-trui, onderbroek en een plakkie op die vloer vind. Die pad kombuis toe vind hy baie makliker. Hier kry hy so ‘n jong maer ventjie wat besig is om koffie te maak.
“Het jy dalk die meisie gesien by wie ek gisteraand geslaap het” wil Koos weet.
Die jong man giggel. “Dit was ek” sê hy skaam.
“Nee, hel” sê Koos “Ek is baie seker dit was ek!”
(Oorspronklik verskyn 5 April 2012)
