Dis interskole op die platteland en Koos is die afrigter van een van die rugbyspanne.
Die plaaslike gemeenskap is arm en Koos se spannetjie lyk erg verwaarloos in ou stewels en verbleikte rugbyklere. Die dominee het dit raakgesien en gesorg dat die kerk R10 000 bewillig vir die span “om die selfbeeld op te hef en dalk te help met ‘n wen”.
Toe die groot dag aanbreek en die spannetjie uitdraf besef die dominee met ‘n skok dat die seuns nog dieselfde ou klere en stewels dra.
“Koos! Wat het dan geword van die R10 000 wat ons vir die span geskenk het?” wil die dominee weet.
“Dominee het gesê dis vir ‘n wen” antwoord Koos “toe gee ek dit maar vir die ref.”
