Na sy dood het ’n vreemde gevoel Koos se vrou beetgepak. Sy het haar man gemis.
So het dit dan gekom dat Koos se vrou by ’n spirituele medium beland. Dié kon vir Koos opspoor vir ’n intieme gesprek.
“Koos, is jy gelukkig?” Wou sy weduwee angstig weet.
“Ek is baie gelukkig.” Het Koos geantwoord deur die medium.
“Gelukkiger as hier op aarde?” Vra sy verlig.
“Ja, ek is nou baie gelukkiger as wat ek was daar by jou op die aarde.” Antwoord Koos.
“Ag, Koos, vertel my meer!” Antwoord sy weduwee uitgelate. “Is die hemel so fantasties soos hulle sê?”
“Hemel!” Kom die antwoord vinnig. “Ek is nie in die hemel nie!”
