Koos oppiwater

Koos en sy vrou het hul eerste Oppiwater Kunstefees bygewoon. Die probleem was Koos is gebou vir alles behalwe seevaart. Van dag een af was hy seesiek, ingekluister in sy kajuit.


Op die laaste dag besluit Koos om dit te waag om saam met sy vrou na die restaurant te gaan. Doodsbleek het hy sit en kyk hoe die ander mense eet.

“My man, moet ek nie die kelner vra vir ’n doggy bag vir jou kos nie? Dan eet jy dit in die kajuit.” Wil sy vrou bekommerd weet.

“Nee,” prewel Koos saggies “maar jy kan hom vra om dit sommer op te vat na die dek toe en oor die reling te gooi.”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar