Dié spesifieke Vrydag toe Koos sy weeklikse loon kry raak hy en sy vriend Piet so saam-saam lus om nie reguit huis toe te gaan nie.
Hulle besluit toe op ‘n vinnige enetjie by die plaaslike watergat. Die enetjie word toe twee en tóé is daar geen keer nie. Hulle twee het elke aand daai naweek langs die kroegtoonbank getiep en soggens as die kroegman oopsluit was hulle eerste geld reeds op die toonbank.
Sondagaand strompel Koos vir die eerste keer by sy voordeur in. Sy vrou staan hande op die heupe en kook oor van woede. 50 minute lank trap sy hom uit voor sy die eerste keer stop om asem te skep.
“En hoe sal jy voel as jy my vir drie dae nie sien nie?” vra sy.
“Dit sal flippen lekker wees!” antwoord Koos slim.
Maandag het Koos nie sy vrou gesien nie. Dieselfde storie die Dinsdag en Woensdag.
Daai Donderdag het die swelling darem so ‘n bietjie gesak en kon hy haar deur skrefiesoë sien.
(oorspronklik verskyn 14 Junie 2012)