Koos het dae geoefen om sy nuwe papegaai te leer grappe vertel. Dit wou later vir Koos voorkom die voël praat nou beter as hy wat Koos is.
Koos kry toe die blink idee om ‘n paar rand te maak met sy nuwe voël by sy plaaslike watergat.
“Die is die beste grapjas papegaai in die wêreld” spog Koos by die kroeg.
Die ouens is gewoond aan Koos se bogstories en wed hom R100 sy papegaai kan nie ‘n grap vertel nie.
En kom wat wil, Koos kan niks doen om sy papegaai aan die praat te kry nie.
Koos is dikbek terug huis toe, minus R100.
“Wat de hel is dit met jou?” skel Koos vies op die voël . “Wat het van jou grappies geword. Jy sit daar asof jy nie eens kan praat nie.”
“Inderdaad Koos,” antwoord die papegaai “maar môre vat jy my weer kroeg toe, en onthou – die helfte van die R1 000 wat jy gaan wed is myne.”
