Mbongeni Ngema is terug op die verhoog na 27 jaar om die stories uit sy kinderjare te vertel.
Dit is die stories van Zoeloeland, soos vertel deur sy blinde ouma Mkutshana. Die stories van die Zoeloe nasie en hoe hulle die Britse imperialiste gestuit het by Isandlwana.
Soos mens kan verwag van Ngema is dans en musiek ‘n integrale deel van die verhaal.
Met: Mbongeni Ngema en Matshitshi Ngema
Teks: Mbongeni Ngema
Regisseur: Christopher John
Stelontwerp: Sarah Roberts
Beligting: Mannie Manim
Kostuumontwerp: Mbongeni Ngema
Vervaardiger: Mbongeni Ngema en Africa Ngema
* Debuut *
Genre: Drama
Gradering: 13 jaar
Rhodes Teater, Grahamstad
27 – 29 Junie
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R60
Lewer kommentaar