Tango

Twee heeltemal onpaar oujongkêrels, Lappies en Daan, deel ’n woonstel êrens in die diep platteland.


Lappies verwag dié middag vir Tillie, ’n mooi plaaslike pop, om vir hom te kom dansles gee. Maar daar is ’n onverwagte en ontydige besoeker, Daan se oom Kas – ’n skatryk familielid uit die verre verlede met ’n duister geskiedenis, baie ondernemingsgees en ’n swakheid vir mooi meisies.

Soos dit is, is Tillie pas uit haar woonstel geskop omdat sy nie haar huur kan betaal nie, en Kas belowe haar die maan en die sterre. Maar hy gaan ongelukkig net ’n raps te vinnig te ver. En een fout lei tot ’n ander.

Dis Tillie wat die hef in die hande kry, en daar is niks so gevaarlik soos ’n slim brunette wat speel sy is ’n dom blondine nie. Veral as jy haar loslaat tussen drie mans wat elkeen sy eie agenda het en sy eie sondes met hom saamdra.

Tango is Chris Barnard se eerste ligte komedie, geskryf in opdrag van Innibos Kunstefees, ter viering van die fees se tiende verjaardag.

Met: Tobie Cronjé, Marius Weyers, Cobus Rossouw en Tinarie Van Wyk-Loots
Teks: Chris Barnard
Regie: Katinka Heyns
’n Sonneblom Film Produksie
Vervaardiger: Mannie Manim
Ontwerper: Birrie le Roux
Verhoogbestuuder: Ronel Jordaan

* Debuut *

innibos 2013

Genre: Komedie
Gradering: Volwassenes
Datum en tyd: Di 25 Junie 18:00, Wo 26 Junie 10:00, Do 27 Junie 19:00, Vr 28 Junie 10:00, Sa 29 Junie 15:00 en So 30 Junie 11:00.
Venue: Nelspruit Stadsteater, Nelspruit
Tydsduur: 80 minute
Prys: R102

Tango
Tango

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar