Kaptein Blitz en die skool vir superheroes

“Welkom by die Super-Akademie, die wêreld se enigste skool vir superheroes. Op hierdie skoolbanke het van die bekendste superheroes op aarde oor die jare gesit. Superman. Die Hulk. Wonder Woman. Die Swart Kat. Chuck Norris. Schalk Burger.

Jou register-superhero vanjaar is Kaptein Blitz. Nog nooit van hom gehoor nie? Kyk, hy’s nie meer vandag se superhero nie. In sy tyd het superheroes nie die hele dag lank movie deals geteken en sakke vol geld uit aksiefigure gemaak nie. Hulle het gewérk. En ná vandag se les sal jy ’n paar van die basiese beginsels van superhero wees goed onder die knie hê …”

Frank Opperman is Kaptein Blitz, Suid Afrika se eie Superhero. Die eenman teatervertoning is geskryf deur die bekroonde jeugboekskrywer, Jaco Jacobs. Frank Opperman vertolk die skreeusnaakse rol van Kaptein Blitz en die ander skurke in die verhaal. Die gehoor ontdek die fantastiese wêreld van superhelde, super-gadgets en superskurke. In die toneelstuk is daar meer aksie as in die nuutste Batman-comic en Frank is op sy skreeusnaakse beste as die lompe Kaptein Blitz. Dis ’n storie met skop vir oud en jonk.

Met: Frank Opperman
Skrywer: Jaco Jacobs
Regie: Tara Notcutt

innibos 2013

Datum en tyd: Wo 26 Junie 14:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 15:00, Sa 29 Junie 10:00
Venue: Nelspruit Primary, Nelspruit
Tydsduur: 50 minute
Prys: R52

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar