“Wat gee jy jou ma en pa vir Kersfees Jannie?”
“’n Lys van alles wat ek wil hê juffrou.”
Hoekom is ’n olifant groot, grys en verrimpeld?
Want as hy klein, wit en rond was, sou hy ’n Disprin wees.
***
Twee koeie staan en wei. Die een draai na die ander en sê: “Jy weet, alhoewel pi gewoonlik afgrond word tot vyf desimale, gaan dit eintlik vir ewig aan.”
Sy maat kyk hom so en antwoord: “Mooo.”
***
Wat het die mense gesê van die hond wat verslaaf was aan knoffel?
“Sy blaf is baie erger as sy byt.”
Buurman: ‘”Koos, kom gou! Jou hond het so pas ’n man gebyt terwyl hy op sy fiets ry!”
Koos: “Wat makeer die verbrandste hond? Ek het hom spesifiek verbied om vandag met sy fiets te ry!”
***
Wat kry jy as jy ‘n windhond met ’n muishond kruis?
’n Dier wat met ’n stink spoed hardloop.
***
Die een Kaapse blondine vra vir die ander: “Wat is nader, die son of Johannesburg?”
“Jy’s lekker simpel.” Antwoord die ander een. “Kan mens Johannesburg hiervandaan sien?”

