Die Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) gaan in 2024 onder die beskerming van die Departement van Musiek van Stellenbosch Universiteit (SU) hervat.
Die kompetisie was die vlagskipprojek van die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS), ‘n trust onder voorsitterskap van die die stigter van die kompetisie, wyle en seer gemiste Michael Maas. Die 2023 kompetisie is ná sy afsterwe op 14 Maart 2023 gekanselleer. Sedert die jaarlikse kompetisie sowat 40 jaar gelede afgeskop het, is dit net in een geval gekanselleer – in 2021 weens die globale Covid-19 pandemie.
Ten einde die volhoubare bestaan van die NJMK te verseker, het Aileen Maas, die administrateur van die kompetisie en prof Mario Nell, voorsitter van die SU Musiekdepartement, moontlikhede vir die toekoms ondersoek. Aileen was vir meer as 25 jaar instrumenteel in die organisasie van die NJMK, en prof Nell (self ‘n wenner van een die kompetisie se vroeë weergawes) het as adviseur en beoordelaar opgetree, en het deur die jare leerders en studente vir die NJMK ingeskryf. Sy huidige leerder, die jong pianis Mike Wang, het die laaste kompetisie in 2022 gewen.
“Ons is opgewonde om aan te kondig dat die jaarlikse NJMK vir klassieke musici tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar in 2024 in dieselfde formaat as die verlede, as ‘n projek van Stellenbosch Universiteit se Musiekdepartement, sal voortgaan.
“Ons department is die oudste instelling van sy soort in Suid-Afrika en spog meer as ‘n dekade met ‘n trotse tradisie van toewyding tot musiekopvoeding, die uitvoerende kunste, skeppende werk en akademiese navorsing. Die NJMK se visie en missie – om ons land se uitstekende jong klassieke musici te identifiseer, te ontwikkel en openbaar bloot bloot te stel – is paslik geskik vir die Musiekdepartement se toewyding om verder na skoolgaande ouderdomme uit te reik en diesulke jong talent te kweek vir verdure tersiêre studies en suksesvolle loopbane,” sê Nell.
Prof Nell sal as die direkteur van die NJMK optree, tesame met Aileen Maas, wie die administrasie van die kompetisie in stand sal hou.
Die 2024 NJMK sal van 2 tot 7 Desember by die Endler-saal, Konsevatoriumgebou, Victoriastraat, Stellenbosch, plaasvind. Die NJMK brosjure en registrasievorms sal teen die einde van Februarie 2024 op die NJMK se webblad by www.nymc.co.za gepubliseer word.
Die wenner en finale ranglys van die NJMK word kumulatief oor vier rondes bepaal. Dit is die enigste kompetisie in Suid-Afrika waar die ses finaliste sake vir die louere, begelei deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO), uitspook. Die derde ronde met die 12 semi-finaliste, sowel as die vierde ronde se galakonsert sal regstreeks op die NJMK se webblad gestroom word.

