Krieket

Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

Die juffrou vra die kinders op die eerste dag van die nuwe skooljaar om hulle self voor te stel en bietjie te vertel van hulle ouers. Saartjie staan op en sê haar naam en noem dat haar pa die posmeester is. Klein Pietie stel homself voor en sê sy pa is ‘n werktuigkundige. Johnny kom stadig orent en sê skamerig dat sy pa ‘n ontkleedanser by die plaaslike gay klub is. Om verdere verleentheid te spaar, verander juffrou dadelik die onderwerp.
Later op die speelgronde roep juffrou weer vir Johnny nader en vra of dit regtig waar is wat hy in die klas gesê het. “Nee, juffrou” sê hy nou regtig verleë. ” … ek was net te skaam om voor al die kinders te erken dat my pa krieket speel vir Suid-Afrika.”

Gehoor van die ou dame wat haar eerste krieketwedstryd bygewoon het? Toe hulle vir haar vra wat haar die meeste beïndruk sê sy: “Daai ou wat gooi is fantasties! Maak nie saak hoe die ander ou die plank rondswaai nie – hy gooi hom elke keer raak!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply