Intolerable Cruelty

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Met: George Clooney, Catherine Zeta-Jones & Billy Bob Thornton
Regisseur: Joel Coen

´n Romatiese komedie wat werklik snaaks is. Die Coen-broers se nuutste skepping behandel ons nie soos idiote nie en wys die res hoe om ´n afgesaagde storie bietjie lyf te gee.

Miles Massey (George Clooney) is die prokureur wat deur Marylin Rexroth (Catherine Zeta-Jones) se man gehuur word om hom te verdedig teen sy vrou wat van hom wil skei en in die proses natuurlik soveel as moontlik geld van hom wil vat. Wat gebeur is dat Miles vir Marylin wil hê en Marylin haar man se kop wil hê.

Soos ons kon verwag van die Coen-broers is die karakters slim uitgewerk en die dialoog vlymskerp. Die storielyn is niks nuuts nie, maar nie so belangrik nie aangesien komedie die koning is hier.

´n Goeie komedie is altyd welkom in die vakansie!

7/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply