Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Harry Potter staan aan die begin van sy vyfde jaar by Hogwarts Skool vir Heksery en Towerkuns. Anders as die meeste skoolseuns geniet Harry nooit sy somervakansie nie. Soos gewoonlik versuur die Dursleys sy lewe en selfs sy beste vriende, Ron en Hermien, skeep hom af. Die vakansie eindig op ‘n baie vreemde en dramatiese noot en by Hogwarts vind Harry dat die lewe amper ondraaglik geword het …
