Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Andrew Lloyd Webber en Tim Rice se eerste groot musiekblyspel betower reeds vir meer as 30 jaar gehore wêreldwyd.

2005 sien die terugkeer van die tong-in-die-kies vertoning met al die kleur, humor, uitgelatenheid, energie, dans en musiek van ouds….

Die eerste vertoning van Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat was op ‘n koue wintersdag op 1 Maart 1968 in die Old Assembly Hall, Colet Court, Hammersmith, en is vandag een van die mees geliefde musiekblyspele van alle tye, met ‘n inskrywing in die Guiness Book of Records vir die langste speelvak van enige musiekblyspel te all tye.

Die eerste produksie van Joseph in Suid Afrika in die 1970’s het huishoudelike name gemaak van akteurs/sangers soos Richard Loring as die verteller, Alvon Collison, met sy platform skoene in die rol van die Farao en Bruce Millar, wat almal se harte gesteel het as Joseph.

Dertig jaar later en met ‘n splinternuwe produksie wat in die West End geopen het in Maart 2003, is die media vol lof vir hierdie immergroen klassieke musiekblyspel vir die gesin. Die nuwe produksie het ‘n nuwe baadjie en klank en die verteller het intussen van geslag verander, maar al die ou gunstelinge is nog in plek – Any Dream Will Do, Close Every Door To Me en One More Angel In Heaven.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar