Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Popstêrre raak selde Rocksterre. Gewoonlik vind hulle troos in die arms van dwelms en lê rond op talkshows. Robbie Williams het beide gedoen en wonder bo wonder ‘n gerespekteerde kunstenaar geraak. Die groot seun, wat deesdae Rob genoem wil word, doen bietjie introspeksie op Sing When You’re Winning, iets wat niemand behalwe Madonna nog redelik suksesvol kon doen nie. Koop gerus die album, want die minder bekende snitte trek die wa deur die drif.
6 op ‘n skaal van 10.
