Twee plattelandse diakens glip by die plaaslike hotel in vir ´n gesellige biertjie, toe hulle die dominee sien verbyry en lank kyk na hulle twee bakkies wat voor die kroeg staan.
Die een diaken koes en sê: “Ek hoop tog Dominee het ons nie gesien of my bakkie herken nie.”
Die ander een antwoord onverskillig: “Watter verskil maak dit tog? God weet tog waar ons is, en Hy is die enigste een wat saak maak.”
Die eerste diaken verduidelik: “Maar God sal nie vir my vrou gaan vertel nie.”
‘n Man loop by ‘n kroeg in met ‘n stuk teer onder sy arm.
“‘n Bier asseblief en een vir die pad.”
‘n Priester , ‘n dominee, ‘n rabbie , ‘n Skot, ‘n Engelsman, ‘n Ier, twee perde en ‘n papegaai loop by ‘n kroeg in.
Kroegman: “Is dit veronderstel om ‘n grap te wees?”
(Marcel)
