Hoekom is ek so min in die mood vir seks? My man is meestal reg vir seks, maar dan wil ek nie. Wat is fout met my?
Dit is die vraag wat elke tweede dag in my Inbox beland. Weens die groot hoeveelheid e-pos wat ek ontvang is dit amper onmoontlik om elke e-pos afsonderlik te beantwoord. Dit is om hierdie rede dat ek van nou af so af en toe die algemene vrae sal beantwoord.
Vir my om vas te stel of ieder en ´n elk van julle, wat hierdie vraag al gevra het, werklik ´n probleem het, het ek heelwat meer inligting nodig. Wat ek wel weet is dat na ´n deeglike ondersoek sal ons meesal vasstel dat daar in der waarheid geen fout is meeste van julle nie.
In die eerste plek is mans en vrouens verskillend aan mekaar gesit. ´n Mooi meisie kan per ongeluk styf teen jou man verbyskuur in die trein en haar liggaamsdele kan in daai algemene omgewing druk en WHOA LA, hy is reg vir seks. Ek veralgemeen nou erg, maar die waarheid lê ongeveer in daai rigting. Dit is ook hoekom ´n man kan seksueel verkeer met ´n minares en bietjie later by die huis ook met sy vrou kan omgang hê.
Wat jy hieruit kan leer is dat hy jou as ´n seksuele wese aanloklik vind en dit is een van die redes hoekom hy met jou wil bed toe gaan ….. of sitkamerbank toe, of kombuistafel toe…..
Ek gaan nou weer veralgemeen, maar ´n vrou soek soms meer rede as bogenoemde om in die bed te spring. ´n Vrou wil nog steeds die hof gemaak word. En geen twee vrouens is dieselfde in hierdie opsig nie. Jou man/minaar gaan dus ´n tydjie neem voor hy weet hoe. Die beste is dus om hom te vertel hoe jy wil hê hy na jou moet vry. PASOP tog net vir daai brose ego’s. Hy kan net so goed voel jy vertel hom hy is ´n slegte minaar.
´n Groot geheim van kommunikasie met mans is dat die geheim nie lê in wat jy vir hom sê nie, maar HOE jy dit doen. Moet ook nou nie as deel van jou aanbieding jou kortste rokkie aantrek en sy gunsteling gereg maak/koop nie. So dom is hulle ook nie.
Dit is dus belangrik dat jy met hom praat oor jou mood.
Seks is persoonlik. Verskillende diertjies kry hul plesiertjies op verskillende maniertjies. Sommige mense het ook snellers wat hulle in die mood sit. Alkohol is byvoorbeeld een sneller vir meeste mense. Onthou net dat, alhoewel dit jou in die mood kan sit en van sommige inhibisies ontslae kan raak, dit geensins help met die seksuele daad self nie.
Een dame waarmee ek vertroud is kan jy slegs die see wys en dan is sy in die mood. Hoor sy branders wat breek dan is daar pêre. ´n Ander een kan jy net sjokolade gee. Dan is daar ook een wat ´n sekere sanger moet hoor sing.
Vind dus uit wat jou sneller is en sorg dat jou man daarvan weet.
Fisiese of psigiese oorsake kan wel tot gevolg hê dat jy nie indie mood kan kom nie.
Voorbeelde van fisiese oorsake is siekte, stres, ondervoeding, alkohol- en dwelmmisbruik en sekere medikasie. Maak seker dat jy aandag gee aan enige moontlike fisiese oorsake.
Gaan spreek asseblief ´n dokter, indien jy vermoed jou probleme is fisies van aard.
Psigiese faktore is iets soos ´n vrees vir swangerskap, ´n vrees dat iemand jou sal hoor, ´n negatiewe selfbeeld of ´n verveeldheid met die manier waarop jy en jou maat seks het. Jy kan ook ´n probleem opdoen omdat jy van jongs af geleer is dat seks vuil en onaanvaarbaar is. Vroeë of ´n gebrek aan orgasmes kan ook probleme meebring.
Al dink jy nie daar is sekere psigiese oorsake vir jou probleem nie, is dit altyd ´n goeie idee om ´n terapeut of sielkundige te gaan spreek. Dit kan net ´n positiewe uitwerking hê op jou algemene welstand.
bydrae: Ben Brand
Vir mediese raad oor jou sekslewe en gesondheid besoek www.boererate.com.

Ek het die stuk gelees van: ek wil nie maar hy is altyd reg.
Ek weet waar my probleem vandaan kom en het al hulp gekry, maar dit was vir my te moeilik om voort te gaan. My hele lewe het verander soos wat ek probeer het om die probleem reg te kry, my sielkundige was ongelooflik goed, maar vir my was dit te groot stap.
Ek het nog steeds dieselfde probleem, ek was vier jaar terug by my sielkundige.
Hoe gaan ek weet ek is reg om my probleem aan te vat?
Ons almal beleef hierdie dilemma wanneer ons ‘n groot persoonlike stap moet neem. Die laaste bult wat ons moet oor is ‘n wilsbesluit, en die bultjie is die grootste berg wat mens kan klim.
Dit is jou besluit. Iemand kan jou ondersteun in die proses, maar die aanvanklike besluit is joune. Bespreek dit met jou man en vra hom om jou steunpilaar te wees.
Om mee te begin voel ek jy moet weer jou sielkundige gaan spreek. Dit wil voorkom of hy / sy jou van hulp was, so dit kan dalk help net vir daai aanvanklike motivering.
Ek is nou al amper 2 jaar getroud, my en my man se 2de huwelik. voor ons getroud was het ons wonderlike seks lewe gehad, maar na vele baklei sessies wil my man nie eers meer seks he nie. Ek wil graag ons huwelik red, maar sonder enige toenadering weet ek nie hoe ons dit gaan regkry nie. My vraag bly – is dit normaal vir ‘n man om nooit te voel na seks nie. Ek kan hoe sexy klere aantrek dit werk net eenvoudig nie. Hy se hy is lief vir my maar ek wonder…. Maar die spreekwoord lees is “Seeing is believing”.
Sorg dat daar meer vrede by die huis is. Dit kan ook wees dat hy dit nie lekker kan opkry op die oomblik nie. Baie mans sukkel hiermee. Die ander spreekwoord noem dat “Aanhouer wen”.
Jy is beslis nie alleen in hierdie bootjie nie. Daar is gereeld sulke vrae van mans.
Het julle al moontlike mediese probleme ondersoek? Daar is verskeie toestande wat jou vrou se lus vir seks sal demp. Gebruik sy enige medikasie op ‘n gereelde grondslag? Verskeie medikasie kan ook ‘n demper op haar sekslewe plaas.
Dit gebeur ook wanneer ‘n vrou respek en vertroue in haar huweliksmaat verloor. Was daar dalk rede hiervoor?
Probeer om haar te vertel hoe baie jy dit mis om intiem te verkeer met haar. Soms is dit nie die daad wat haar afsit nie, maar haar man se gebrek aan intimiteit. En onthou dat ‘n mate van nabyheid nodig is hiervoor. Seks is ‘n normale verskynsel in ‘n hegte verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou. Kan jy nog onthou wat daardie dinge was wat julle destyds naby aan mekaar gebring het toe jy haar die hof gemaak het.
Is jou persoonlike higiëne op standaard? Meer as gereeld kla vroue hieroor.
Probeer ook om haar aandag op ander maniere te trek. Doen bietjie oefening en verloor ‘n kilo of twee of probeer ‘n nuwe haarstyl of meer modieuse klere. Sy sal beslis begin wonder oor wat aangaan.
Hoop een van hierdie idees help.
Ek en my vrou is al 6 jaar getroud met 2 pragtige kinders. Ons ouderdoms verskil is 14 jaar. Ons was al by ‘n sielkundige gewees waar die dokter haar presies verduidelik hoe werk dit in die huwelik. Dit gaan goed vir ‘n paar keer dan sonder enige rede weier sy my. Ek het haar al gevra hoe ek haar moet benader as ek sex wil he. Ek doen presies soos sy se, maar dan weier sy weer, so op ‘n gevoellose manier. As die probleem by my was, sou die dokter vir my gese het dat ek die probleem is. Ek is al op anti-deppresante, ek voel impotent, ek kry die stil stuipe en is geirriteerd. Sy is ook nie liefdevol nie. Sy probeer my nie eers positief kry nie. Ek was voorheen getroud(16jaar) en het nooit sulke probleme gehad nie. Dit voel asof ek my tyd mors om liefdevol te wees. Ek hoor graag van u.
Nee wat, jou verlede het maar nie te veel uit te waai met jou gevoel of gebrek aan gevoel nou nie. Vele vrouens ervaar dieselfde probleem as jy, en ongelukkig is daar nie 'n vinnige oplossing of een antwoord op waar die probleem begin het en hoe dit opgelos kan word nie. Vrouens is baie emosioneel en gewoonlik DINK en VOEL ons ons drange weg … die grootste seksorgaan is die brein, nie die lyf nie, en ons glo later seks is nie lekker nie, ons soek dinge om ons denke van seks af te trek, om baie veskillende redes word dit gedoen. Daar is hulpmiddels in die vorm van medikasie te koop, maar weereens kan ek nie voorstel watter een jy moet gebruik nie, want almal werk nie ewe effektief op alle mense nie. Vitamien C is volgens my 'n baie goeie middel om te gebruik, probeer dit gerus …
Ek is 26, het 'n seun van 2, is gelukkig getroud vir 7 jaar. Met al die ups-en-downs wat daar in die huwelik is, kan 'n mens uitsorteer, maar my seksdrang is vir my 'n probleem.
Ek was vroeg seksueel aktief gewees (vanaf 13 jaar). Niks om trots op te wees nie. My man weet dit. Aan dit begin het ons baie baklei daaroor, maar ons is nou fine.
My probleem is – "skelm" seks was altyd lekker en dis asof 'n mens nooit genoeg kon kry nie. Noudat ek getroud is, is ek min gepla daaroor. Ek wil so graag iets doen daaraan – want ek glo, as jy jou huiswerk op datum hou by die huis, sal jy 'n getroue en gelukkig man hê. As ons seks het, is dit wonderlik … daar is niks wat my afsit wat my man doen nie.
Deesdae pla my verlede my omdat my man nou moet sukkel om by my te kry wat hy wil hê. Ek dink elke dag daaraan. Ek huil meeste van die tyd as ek alleen is want ek verstaan nie hoekom ek nie vanself sommer net kan lus raak nie. Ek sms of bel nie eers vir my man vroeer in die middag om vir hom te sê dat "ons het 'n afspraak vanaand" nie, want ek's bang ek stel hom teleur … wel, gewoonlik gebeur daar dan niks.
Ek wil so graag natuurlik "lus" raak, of op my eie "lus" raak en my man surprise, maar dit lyk vir my ek benodig iets om my te help? Of het my verlede 'n invloed op wie ek is vandag?
Ek weet nie of u 'n sielkundige ook is nie, maar ek wil graag die probleem op 'n manier uitsorteer voor my man tog besluit om groener weivelde te gaan soek.
Al raad wat daar is, is om te praat en hom te laat verstaan dat hy nie sy deel met jou doen nie, as hy steeds net voortgaan met sy eie plesier en jou nie in ag neem, het ek nie ander raad as om van hom ontslae te raak nie. As julle getroud is dalk later? En daar lê 'n LEEFTYD voor van onvervulde seks? Daar is baie goeie lovers in die mark, mans wat omgee en WEET hoe om 'n vrou te plesier.
Ek en my kêrel is al 4 jaar saam en dit is asof seks meer 'n gewoonte vir hom is as regtig liefde maak. Hy vat glad nie meer aan my nie en laat my regtig goedkoop voel. Daar is nie eers meer 'n gesoenery nie. Dit is glad nie meer vir my lekker nie, en party dae soms seer, omdat hy my nie in die bui kan kry deur net dadelik te begin en sy ding doen nie. Ek sukkel om 'n orgasme te kry, want daar word nie genoeg aandag gegee aan my voor seks nie. Wat moet ek doen om dit te verander? Hoe kan ek hom laat besef ek het meer nodig as net 'n vinnige een, twee, drie. Praat help nie en ek is moeg om iets te doen wat nie eintlik meer iets beteken nie, dis 'n gewoonte.
Ja, dit gebeur wel soms dat 'n mens na trauma 'n lae seksdrang ervaar, in jou geval egter het dit 'n groot probleem veroorsaak, ek ken ongelukkig nie 'n terapeut in daardie area nie, maar ek kan jou 'n tikkie raad gee wat moontlik onmoontlik gaan klink vir jou, maar in baie gevalle aan my bekend het dit gewerk. Vrouens ervaar seks geweldig emosioneel en wil altyd LUS wees of in die MOOD wees voor ons dit gan doen … mans ervaar seks baie meer fisies as emosioneel en daarom dan dat mans en vrouens meestal verskil oor seks en die behoefte daaraan. Probeer jou man plesier, al voel jy nie noodwendig LUS daarvoor nie, probeer ontspan en laat jou man jou vertroetel en sommer reguit gestel lekker vry, jou liggaam SAL tekens begin gee solank jy jou denke 'n bietjie op hok slaan en nie heeltyd dink jy WIL nie seks hê nie, en as jy net eers weer jou liggaam kan toelaat om lekker te ervaar sal die res in plek val.
Ek is nou al 8 agt jaar getroud en het 'n wonderlike man en 4 jarige dogtertjie. As gevolg van trauma (dood ens) in my lewe het my seksdrange afgeskaal na zero. Ek het al vir berading gegaan oor die dood van my ouers maar kom nie tot aanvaardiging nie. Ek leef in my eie wereld en vergeet skoon dat ek 'n man en kind het. My man is natuurlik die een wat hou van aandag en hy voel ek is nie meer dieselfde as toe ons getroud is nie. Wat stel jy voor moet ek doen. Ek het ook begin om mooi onderklere te koop, maar ek kom nie in 'n bui of raak lus vir liefde maak nie. Ek weet ook dat as ek nie iets doen nie hy my aan skei, en ek kan nie nog hartseer bekostig nie. As jy weet van 'n seksterapeut in die "Moot area" in Pretoria wat ek kan besoek laat weet my gerus.
Ek sal graag wil advies he, ek en my ou is nou 1jaar saam ek weet hy het'n vreeslike aktiewe sekslewe gehad in sy 'jonger' dae hy is nou byna 40. nou met my voel ek dis nie so aktief soos ek dit graag wil he nie (hy se dis ook hy baie respek het en ek voel dis belangrik maar 'n gesonde seksuele verhouding is NET so belangrik) En respek het niks met seks nou te doen nie. ek is skaam ook om dit heeltyd op te haal ek sal graag wil weet wat ek kan doen om dit aan te wakker op 'n natuurlike manier.
Ek en my kêrel is al 4 jaar saam en dit is asof seks meer 'n gewoonte vir hom is as regtig liefde maak. Hy vat glad nie meer aan my nie en laat my regtig goedkoop voel. Daar is nie eers meer 'n gesoenery nie. Dit is glad nie meer vir my lekker nie, en party dae soms seer, omdat hy my nie in die bui kan kry deur net dadelik te begin en sy ding doen nie. Ek sukkel om 'n orgasme te kry, want daar word nie genoeg aandag gegee aan my voor seks nie. Wat moet ek doen om dit te verander? Hoe kan ek hom laat besef ek het meer nodig as net 'n vinnige een, twee, drie. Praat help nie en ek is moeg om iets te doen wat nie eintlik meer iets beteken nie, dis 'n gewoonte.
Al raad wat daar is, is om te praat en hom te laat verstaan dat hy nie sy deel met jou doen nie, as hy steeds net voortgaan met sy eie plesier en jou nie in ag neem, het ek nie ander raad as om van hom ontslae te raak nie. As julle getroud is dalk later? En daar lê 'n LEEFTYD voor van onvervulde seks? Daar is baie goeie lovers in die mark, mans wat omgee en WEET hoe om 'n vrou te plesier.