Nuwe Honda Accord daag uit

Honda se splinternuwe Accord Tourer is spesifiek daarop gemik om gevestigde mededingers in die D-segment die stryd aan te sê. Die nuweling bied sportiewe stilering, beter verfyning en ’n unieke pakket van veiligheidstelsels, asook uitstekende dinamiese eienskappe en sterk omgewingsbewustheid.

Aansienlik wyer en effens later, is die inslag van die stileringstema meer emosioneel, en meer sportief. Die skerpomlynde ontwerp, met sy beklemtoonde wielboë en breër spoor, verleen ’n kenmerkende, kragtige houding aan die Accord. Die sterk neusontwerp en die vloeiende lyne sorg vir ’n samehangende, atletiese voorkoms.

Die ontwikkeling van die vorige-geslag Accord na die nuwe model is veral merkbaar in die geval van die Tourer, waar die vorige, bloot pragmatiese klem op praktiese behoeftes en vragdravermoë ontwikkel het in ’n aansienlik meer dinamiese en aantreklike uitdrukking van die nuweling se gevorderde tegnologie, sonder om die Honda se veelsydigheid en praktiese eienskappe in die wiele te ry.

Die nuwe Accord Tourer is met ’n uitvoerige reeks aktiewe en passiewe veiligheidsgerigte tegnologieë toegerus. Aktiewe veiligheidstelsels is op ongelukvoorkoming toegespits, terwyl passiewe stelsels botsingsveiligheid aanspreek. Die Tourer bied dieselfde stelsels as sy Accord 2.4 Executive-sedanstalmaat.

Honda Accord Tourer 

Honda Accord Tourer

Die evolusie van die vorige-geslag Accord word nog verder deur die Tourer benadruk. Die voormalige klem op vragdravermoë het plek gemaak vir ’n meer dinamiese uitdrukking van sy sportiewe eienskappe en sy gevorderde tegnologie, sonder om veelsydigheid en praktiese eienskappe te benadeel.

Die verhoudings is swieriger en slanker, met ’n daklyn wat liggies na agter daal, terwyl die onderste vensterlyn styg. Die vernouende profiel van die Tourer spreek van die nuweling se verrigtingspotensiaal. Die geronde agterruite en die gevormde paneel daaronder, met ’n opgehewe smuklyn, sorg vir ’n kenmerkende agteraansig.

Die silwerkleurige dakrelings is standaardtoerusting.

Die Accord Tourer deel sy geheel nuwe platform met die sedanweergawe, met sowat 75 persent van die onderdele wat presiese dieselfde is. Die asafstand is ’n identiese 2 705 mm, wat 35 mm langer is in die geval van die sedan, terwyl dit wat die jongste Tourer betref, 15 mm korter is.

Honda Accord Tourer 

Honda Accord Tourer

Albei modelle is 1 840 mm wyd, wat 80 mm breër is tevore is, en bydra tot die aansienlik ruimer kajuit. Die wielsporing het met 75 mm toegeneem en is nou 1 590 mm breed – ’n kernaspek van die Tourer se skerper hantering.

Die nuweling se reikafstand is verbeter as gevolg van verbeterde brandstofverbruik, en die brandstoftenk word nou van plastiek vervaardig en is onder die agtersitplek geleë, wat nie net veiliger is nie, maar ook laairuimveelsydigheid bevoordeel.

Die agterste struktuur van die sedan en die Tourer is spesifiek onder die loep geplaas. Wat die sedan betref is ’n sleutelkomponent die kombinasie van die C-pilare, die wielhulsels en die vloerraambene, wat gesamentlik ’n strukturele hoepel vorm.

Die Tourer bied ’n soortgelyke uitleg, wat hier deur die laairuimopening, die raam onder die agterste kantvensters en weer die wielhulsels gevorm word. Juis daarom is die wringstyfheid van die Tourer 20 persent hoër as voorheen.

Ondanks sy dinamiese voorkoms bied die Tourer ’n laairuimgrootte van 406 liter (gemeet volgens VDA-standaarde, met al die sitplekke opgeslaan) wat een van die beste laairuimsyfers in die sportwa-sektor verteenwoordig.

In praktiese terme uitgedruk is dit genoem om vier gholfsakke van 46 duim in die bagasieruim te pas, of vier groot tasse. Nog groter ladings kan ingepas word deur die agtersitplekke plat te vou. Met die sitplekke plat kan die Tourer ’n bergfiets insluk sonder om die fiets se wiele te verwyder.

Om die laairuim te vergroot is maklik: die agtersitplekke kan met ’n enkele aksie platgevou word, wat ’n groot ruimte met ’n plat laaivloer en gladde, skoon kante tot gevolg het.

Dit is ook nie nodig om die nekstutte te verwyder nie, terwyl die sluitknippe gerieflik aan die bokant van die rugleunings geplaas is, een aan elke kant van die motor. Omdat die kindersitplek-hegrieme by die sitplekgordels geïntegreer is, is daar niks wat kan vashaak wanneer die sitplekke platgevou word meer bagasie te laai nie.

Verdere praktiese kenmerke sluit hake in wat gebruik kan word om ’n lading vas te maak, en ’n nutshaak onder die agterruit waaraan inkopiesakke gehang kan word. Daar is bykomende bergruimtes in die panele aan die sykante van die laairuim. Die een aan die linkerkant bevat die ’n waarksu-driehoek en ’n noodhulpkassie.

Die uiters praktiese, oprolbare vragruimdeksel het ’n handige handvatsel en groot gidskanale aan weerskante van die laairuim waarin dit vinnig en gerieflik ingehaak kan word. ’n Vertikale vragnet kan ook agter die agtersitplek, of selfs agter die voorsitplek ingehaak word.

Die hele laairuim is met gehalte-doekstof uitgevoer om by die swier van die volledig geïntegreerde binneruim te pas.

Die nuwe Accord kan met ’n elektriese beheerde laairuimdeur bestel word. Die deur word beheer deur middel van knoppies op die sleutel, en skakelaars in die bestuurder se deurpaneel, en ook aan die onderkant van die laaideurraam.

Wanneer die elektriese beheerde laaideur bedryf word, is daar ’n hoorbare waarskusein, terwyl die flikkerligte ook geaktiveer word.

Onder die deur se veiligheidskenmerke tel ’n stelsel wat die deur outomaties weer oopmaak as enige weerstand ondervind word, asook raaksensors aan die kante van die laairuimdeur. Die deur kan steeds met die hand oop- en toegemaak word, terwyl die laaste, elektriese sluitaksie ’n oulike kenmerk is wanneer ’n mens wil vermy om die deur toe te slaan, byvoorbeeld om te keer dat ’n slapende kind in die Tourer wakker skrik.

Die jongste ontwerp maak gebruik van ’n smaller elektriese motortjie wat stiller loop en minder plek in die daklyn benodig, wat die bestuurder se sig na agter verbeter.

Honda Accord Tourer 

Honda Accord Tourer

Nes die sedanweergawe word die Accord Tourer toegerus met ’n gevorderde petrolenjin van 2,4 liter met Honda se i-VTEC veranderlike kleptydreëling. Die kragbron bied uitstekende verrigting en brandstofdoeltreffendheid, en plaas die Tourer aan die voorpunt van sy klas. Dit voldoen ook aan uitlaatgaswetgewing. Daar is ’n keuse tussen ’n sesgang-handratkas en ’n outomatiese vyfgangweergawe.

Die enjin van 2,4-liter lewer meer krag as in die vorige-geslag Accord, en bied nou 148 kW by 7 000 r/min, asook ’n wringkragpiek van 234 Nm by 4 500 r/min. Sy moeitelose verrigting is nog meer uitsonderlik wanneer die brandstofverbruik in ag geneem word – 9,0 l/100 km in die gekombineerde siklus.

Die Accord Tourer deel sy onderstel en dinamiese kenmerke met dié van die Accord 2.4 Executive-sedan.

Die Tourer baat by ’n reeks uiters praktiese toebehore om die laairuim beter te benut en te beskerm.

’n Laairuimverdeler en ’n hondbeskermer benut die beskikbare ruimte ten beste, terwyl ’n doelvervaardigde laairuimplaat, ’n laairuimmat en beskerming vir die laairuimkante ook beskikbaar is en teen slytasie beskerm.

Om bagasie vas te maak is daar ook hegrieme, ’n vragnet en ’n laairuim-kantnet.

(foto’s motorpics)

Lewer kommentaar

Leave a Reply