Danie Botha het die immergroen en baie gewilde P.H. Nortjé se
lekkerste stories gekies vir sy 88ste verjaarsdagviering in
Wellington, in sy woorde: ‘tonele met erns, stemmingsvolheid en
humor, die blinde eend, die wêreld wat vergaan, die spesifieke
oomblik van die vloed, die balletjies, die bidplek in die veld (…)

Bewonderaars kan salig-nostalgies raak en die tydsgees en
landstoestande van die jare vyftig tot neëntig herbeleef’. Die twee
uitmuntende stemkunstenaars sal u meevoer!
Met Nic de Jager en Eben Genis.
Regie: Juanita Swanepoel.
Woordfees 2009
10 Maart 18:00 ● 14 Maart 10:00 ● 15 Maart 18:00 ● Klein Libertas
Teater ● 60min ● R65
(’n Ko-produksie van die Breytenbach Sentrum, US Woordfees en
NB-Uitgewers)