Wat is die ooreenkoms tussen ´n man en ´n bierbottel?
Hulle is albei leeg van die nek af boontoe.

Wat is die ooreenkoms tussen ´n man en ´n vliegtuig?
Albei beteken niks op die aarde nie.

Wat noem jy ´n vrou wat 24 uur per dag weet waar haar man is?
´n Weduwee.

Gehoor mens kry twee soorte mans:
Agt duim en ag siestog!

Gee ´n man ´n vis, en hy het iets om te eet vir die dag. Leer ´n man om vis te vang, en hy sal heeldag in ´n boot sit en bier drink.

Gehoor daar is deesdae ´n oggend-na-die-tyd-pil vir mans?
Dit verander jou bloedgroep.

V: Wat noem jy ´n man wat geboei is?
A: Betroubaar

V: Wat doen jy as jou eks-man op die grond rond rol van pyn?
A: Skiet hom weer.

V: Wat is die kortste pad na ´n man se hart?
A: ´n Vinnige steek met ´n dolk.

Vraag: Wat is die verskil tussen jou kêrel en jou man?
Antwoord: 45 minute

Wat was God se eerste woorde nadat hy dam geskape het?
“Ek moet kan beter doen as DIT!”

Hoekom is dit moeilik om ´n man te vind wat sensitief is, omgee en boonop iets is om na te kyk?
Hulle het almal reeds kêrels.

Hoekom is een miljoen spermselle nodig as jy een eiersel wil bevrug?
Nie een van hulle stop ooit om vir aanwysings te vra nie.

Hoekom is grappies oor blondines so kort?
Sodat mans dit kan onthou.

Hoe weet jy ´n man is die tipe wat goed beplan vir die toekoms?
Hy koop genoeg Coke vir sy brandewyn.

Hoeveel mans is nodig om die toiletpapier te vervang?
Niemand weet nie, dit het nog nooit gebeur nie.

Hoeveel eerbare en intelligente mans is nodig om een hoop skottelgoed te was?
Albei van hulle!

Die polisierekruut word gedurende sy eksamen gevra: “Wat sal jy doen as jy jou eie ma moet gaan arresteer?”
Sy antwoord: “Ek sal vra vir versterkings.”

Hoe verloor jy ‘n man?
Trou met hom.

‘n Man klim die hoogste berg, swem die breedste rivier en stap deur die grootste woestyn vir sy vrou.
Sy wil egter van hom skei, want hy is nooit by die huis nie.

Die manlike vorm van PMS is MMS (Moerige Man Sindroom).

Mans is half gemaak. Hulle het tieties sonir melk, voels sonir vere, eiers sonir doppe, sakke sonir geld en klokke sonnir klank…. Shame

Hoekom klop ‘n man se hart vinniger, raak hy lam in die knieë en kan hy nie praat nie wanneer ‘n vrou leerklere dra?
Want sy ruik soos ‘n nuwe bakkie.

Wat het ‘n houtvloer en ‘n man in gemeen?
Indien jy hom een keer goed spyker kan jy vir 20 jaar oor hom loop.

Sielkundige vra die man: “Kyk jy in jou vrou se gesig gedurende seks.
Man: “Ek het een keer en sy het redelik kwaad gelyk.”
“Hoe dan so?”
Man: “Sy het by die venster ingeloer.”

‘n Man kom aguur by die huis en noem dat hy by sy vriend oorgeslaap het. Sy skakel sy 10 beste vriende. Ag bevestig dit en twee beweer dat hy steeds by hulle is.

‘n Vrou meld haar man se verdwyning aan by die polisie. Die polisieman vra of sy enige boodskap vir haar man het indien hulle hom opspoor.
“Ja” sê sy “sê vir hom my ma het toe nie kom kuier nie.”

Gehoor van die man wat gereeld sy trouvideo agteruit kyk?
Die deel wat hy die meeste van hou is waar hy sy vrou teruggee aan haar pa.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar