Mike se vonnis

(letterlik galgehumor)


Kallie en Mike is elkeen met ‘n streepsak dagga betrap op die lughawe in Saudi-Arabië. Mike was oortuig mens kan deur sekuriteit stap, solank daar nie metaal in die sak is nie. Die vonnis was om in die openbaar gehang te word.

Die laksman was net besig om die lus oor Mike se kop te sit toe daar chaos losbars in die skare. ‘n Trok met wilde perde wat bestem was vir ‘n Arabiese prins het op ‘n pad daar naby omgeslaan. Die verwilderde perde het hul weg gevind tot waar die skare saamgedrom het vir die voltrekking van die vonnis. Dis net bloed en been waar jy kyk soos die perde deur die mense ploeg.

Met die draai Mike na Kallie sê: “Jis Kallie, ons kan bly wees ons staan hier bo vandag!”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)

♦♦♦

Koop / Buy 10 J
aar van Afrikaanse Grappe
(e-Boek PDF, DRM Free)

10 Jaar van Afrikaanse Grappe is ook in ‘n gedrukte weergawe beskikbaar. Vra by jou naaste Exclusive Books.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar