Gert en Jan kom so gelyk by die dokter se spreekkamer in Ventersdorp en gaan sit. Beide gaan gelyk vir die Landbouweekblad, maar Jan het hom eerste. Gert kyk verleë deur die ander tydskrifte, en vat toe maar ’n Fair Lady, en begin blaai.

Na ’n ruk vra Gert vir Jan: “Wat vir ‘n ding is ’n clitoris?”

Jan dink bietjie en sê: “Nee jong, jy vra my vas. Ek is mos eintlik ’n Toyota man.”

bydrae: Rian Kuyk

(oorspronklik verskyn 26 Mei 2011)

Lewer kommentaar

Leave a Reply