Jannie se ma loop verby sy kamer en hoor hom bid.
“… en liewe Jesus maak asseblief Johannesburg die hoofstad van Suid-Afrika.”
“Hoekom wil jy hê Johannesburg moet die hoofstad wees van Suid-Afrika?” vra sy toe hy klaar gebid het.
“Want dit is wat ek in my Aardrykskunde-toets geskryf het.”
