Rekmerke: Grepe uit ‘n Swangerskap

“Dit voel of ek ’n week lank seks gehad het. Met ’n perd!”

“’n Warmgloed met sy wortel in my solar plexus betrek my soos ‘n tsunami-golf. Dit spoel oor my borste, nek, breek op my gesig, delta dan uit oor my kroontjie en stig ‘n maalkolk in my norra.”

Só ontsluier die romantiese mites van swangerskap en word die ware euforie en waansin bekyk – die vreugde én die rekmerke.

Van haar skaamtelose gedrag weens warmgloede en pogings om die man te laat “bond” met die boep, tot kloekende skoonma’s, ‘n eksentrieke ginekoloog, agterdogsparanoia wat grens aan dementia, nagmerries oor ‘n baba wat nie kan ophou poef nie en en ’n naakfotosessie om Demi Moore se swanger Vogue-voorblad te troef..

Met Stian Bam en Nicole Holm
Teks en Regie: Francois Toerien

Woordfees 2013

Ouderdomsbeperking: Geen o/12

2 Maart 13:00 | 3 Maart 14:30 | 6 Maart 11:00 | Klein Libertas Teater, Stellenbosch | 80 minute | R110

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar